Grootste Treffers

‘n Album wat in 1994 deur Select Musiek uitgereik is. Die hoofrede vir die uitreiking was die twee Springbokliede wat ingesluit is, Green and Gold en ook The Team. Die Springbokbreier, Kitch Christie, het Fanie genader vir ‘n lied waarmee die Springbokke vereenselwig kon word. Die 2 liede is toe geskryf en opgeneem maar ongelukkig te laat. ‘Shosholosa’ was toe reeds deur SARVU aangewys as die amptelike Springboklied. Baie mense is nog steeds van mening dat Green and Gold meer vanpas sou wees. Die album is ongelukkig nie baie bebalanseerd wat die snitte betref nie. Die liedjie Mooi Anabel was die wenlied in die Afrikaans Stereo (Huidiglik RSG) se treffersparade in 1994.

Snitte

The Team
Mooi Anabel
Green and Gold
Hoe Groot Is U
As Ek Jou Kom Haal
Mooi Ou Kaapland
Volkome Myne
Vriende
Deel Van My
Perhaps Love
Sien Jy Dis Dagbreek
Deel Elke Dag Met My
Die Gang Van Die Tyd
Tuis In My Land
Ode Aan Blydskap
Gordonsbaai
Jy Sal Wel Daar Kom
Vreemd Is Die Nag
Sarie Marais