Hear My Song

Na ‘n stilte van 7  jaar het ek besluit om hierdie, my 10de album, op te neem. Omdat ek deur die jare soveel genres van musiek gesing het op die verhoog en in die ateljee, het ek besluit om ‘n verskeidenheid van als op te neem. Dit het die keuse van ‘n titel baie moeilik gemaak aangesien daar geen tema is nie. Ek het besluit op HEAR MY SONG, ‘n klassieke verwerking van Olaf Andresen se HEIDELIED wat ingesluit is in die album.  Dit was die eerste lied wat ek op die skoolverhoog met klavierbegeleiding as jong seunsopraan gesing het. Die album bestaan uit Afrikaanse liede, nuwes en oues, ‘n paar Engels, een Italiaans, die klassieke MARIA uit WEST SIDE STORY en ‘n gewyde lied, I’LL WALK WITH GOD teen die einde. Twee jaar gelede was ek besonder geëerd toe Steve Hofmeyr my genooi het om ‘n opname saam met hom te maak, daarom het ek hom genooi om  ‘n Kersfeeslied – NOU IS DIT KERSFEES – saam met my op te neem.

Snitte:

1.        Jou Oë  Straal Net Soos Die Son
2.       O My Pappa
3.       Maria  (West Side Story)
4.       You’re My World
5.       Volare
6.       So This Is Christmas / Nou Is Dit Kersfees
7.       As Sterre Aan Die Hemel Hang
8.       Flower Of Scotland
9.       This Is My Song
10.   My Life For A Song
11.   Loveliest Night Of The Year
12.   Mountains Of Mourne
13.   Klein Karoo
14.   Hear My Song
15.   I’ll Walk With God  (Student Prince)